Mildelike rein oor Transvaal

Verlede nag het aanhoudende reën neergeval in groot dele van Transvaal en in Pretoria is tot 50 mm gemeet vanoggend.

Die weervoorspellings het wel aangedui dat reën verwag word, maar niemand kon dink dat die neerslag so goed sou wees nie.

Die reën het in Pretoria om 7 uur die aand begin, en met tussenposes geval, maar teen 11 uur verlede nag het dit sonder onderbrekings geval en tot in die oggendure is goeie neerslae ontvang.

Berigte van ewe goeie reën in Verre Noord-Transvaal en dele van Oos-Transvaal is ook opgeteken.