Merkel veroordeel Twitter optrede

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, het gesê alhoewel Twitter miskien die reg gehad het om President Trump se Twitter Rekening permanent te sluit, is een aspek buite rekening gelaat.

Merkel sê die optrede van die sosiale netwerk laat die vraag ontstaan wat het geword van Vryheid van spraak as iemand soos Twitter besluit wanneer iets nie Geduld kan word nie.

Kanselier Merkel sê die reg tot vrye mening is van fundamentele belang, en politieke ontleders is van mening dat Twitter te ver gegaan het in sy optrede teen Trump.

Intussen is verneem dat derduisende Twitter intekenare hulle intekening gekanselleer het om elders ʼn heenkome te vind.