Merkel: Kanselierskap was moeilikste ooit

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, het van die geleentheid gebruikgemaak om tydens haar Nuwejaar boodskap aan die volk, ook tyd af te staan om te verwys na wat sy noem, die moeilikste jaar ooit in kanselierskap.

Sy het egter nie nagelaat om ook ʼn boodskap van hoop te bring nie, maar baie klem laat val op die erge pandemie wat derduisende lewens regoor die wêreld geëis het.

Sy het ook die lof besing van wetenskaplikes wat in ʼn rekord tyd daarin geslaag het om effektiewe entstof soorte te ontwikkel wat nou gebruik moet word om die pandemie te stuit.

Merkel het gesê sy dink nie sy het 4 jaar binne gegaan wat voorheen soveel eise gestel het in die afgelope 15 jaar as Bondskanselier nie, en daarom hoop sy dat die jaar 2021 vir almal in die land beter vooruitsigte sal bied.

Tot hede het 1,7 miljoen Duitsers infeksie opgedoen, en meer as 32,000 sterfgevalle is reeds geregistreer, en die pandemie duur voort terwyl alles moontlik in werking is om die inentings te laat plaasvind in ʼn poging om die pandemie te stop.