Meer gehospitaliseer in tweede pandemie

Dr. Charl van Loggerenberg sê daar is op die oomblik meer mense wat in hospitale behandel word teen die koronavirus as wat op die hoogste piek die geval was met die eerste pandemie.

Met die inligting wat pas vrygestel is, het die kommer vergroot dat Suid-Afrika die tweede pandemie veel erger gaan kry as wat vermoed is, en dat hospitale in ʼn enorme krisis beland het, is reeds sigbaar.

Verskeie hospitale het reeds hulle maksimum pasiënte kapasiteit bereik, en intensiewesorg eenhede is ook oorvol by verskeie hospitale.

Die verbod op alkoholiese drank verkope het egter bygedra dat die gebruiklike chaos van Nuwejaarsdag nie vanjaar herhaal is nie, en kon gesondheidswerkers en personeel konsentreer op koronavirus infeksie gevalle.

Kommer bestaan egter dat die toename van infeksies wat tans wissel van 9,000 tot 15,000 per 24 uur tydperk, verder kan verhoog met die terugkeer van vakansiegangers.

Een van die merkwaardigste gevalle is dat waar die Baragwanath Hospitaal hierdie tyd van die jaar oorvol is in sy Hoësorgeenheid, was daar vanjaar weens die verbod op alkohol verkope, nie ʼn enkele bed beset nie.