Maatskaplike Ontwikkeling skilder donker prent

Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu het gegewens gepubliseer wat aantoon hoe die toename is met mense wat hulle verlaat op maatskaplike toelaes van die staat.

Zulu het gereageer op navrae in die virtuele parlement sitting van hoe die aanvraag om maatskaplike toelaes verhoog het sedert 1996.

Volgens die tabelle beskikbaar was net meer as 3 miljoen mense afhanklik van maatskaplike toelaes in die jaar 1996-97 met ʼn totale bevolking van nagenoeg 41,2 miljoen.

In die finansiële jaar 2003-04 het dit toegeneem tot sowat 6,5 miljoen uit ʼn beraamde bevolking van 46,5 miljoen mense.

In 2008-09 spring die aantal tot ʼn reuse getal van net meer as 13 miljoen wat gehelp moet word, en in 2019-20 verhoog dit tot ʼn enorme 18,2 miljoen van die beraamde 60 miljoen inwoners.