Maak gereed vir beurtkrag

Suid-Afrika moet hom gereedmaak vir die herinstel van beurtkrag regoor die land met die terugkeer van duisende werkers wat Maandag weer hulle werk hervat het.

Die styging in ekonomiese aktiwiteite sal vanselfsprekend lei tot hoër kragverbruik en dit sal die nasionale krag voorsiener onder druk plaas.

Ekonome wys daarop dat die nywerheid en sakewêreld alles moontlik gaan doen om produksie te verhoog, en gepaardgaande daarmee is die verhoging van die elektrisiteit verbruik.

Eskom het op die rand van beurtkrag instelling gehuiwer in die afgelope week, wat daarop dui dat hy waarskynlik nie verdere vermeerdering in aanvraag sal kan voorsien nie.

Die instel van hernude beurtkrag gaan Suid-Afrika ekonomies verder laat terugval om nog laer afgradeer te word as die huidige rommel status.