Litaue kom vir oomblikke tot stilstand

Die Oos-Europese staat Litaue se mense het vir ʼn oomblik tot stilstand gehom om die vryheid wat 30 jaar gelede verkry is, in herinnering te roep.
Op hulle Vryheidsdag het die mense teruggedink aan die bevryding uit die kloue van kommunistiese Sowjet Rusland wat gepoog het om die vryheidsdrang van hierdie klein volk te demp en te smoor.
Die Balkanstaat het op 13 Januarie 1991 finaal hulle vryheid verkry en uit die kommunistiese oorheersing ontsnap, en het die inwoners van die land begin om ʼn eie demokratiese bestel te vestig wat tans uitgebou word om van die land ʼn vreedsame woon en werk plek te maak.
Sowat 93% van die bevolking is Christene en slegs 14% van die 2,8 miljoen inwoners is nie Litauers nie, maar leef in vreedsaamheid saam met die trotse volk.
Met onafhanklikheid het duisende Litauers na die parlementsgebou opgeruk uit vrees dat die kommunistiese Rusland weer hulle kloue sou inslaan in die land wat vir dekades gesmag het na sy vryheid in sy eie begrensde grondgebied wat eeue lank sy besitting is.\
Die land se president, Gitanas Nauseda, het in ʼn media onderhoud gesê die onafhanklikheidsverklaring wat ʼn dapper daad was, was ook die begin van die val van die kommunistiese Sowjet Rusland van weleer.