Laaste week: Trump en Pence in samewerking

Die uitgaande president, Donald Trump en die Visepresident, Mike Pence, sal as Republikeine die laaste week steeds voortgaan om ten nouste saam te werk tot die laaste dag van hulle verpligtinge aanbreek.

Die president het in die lig van die onluste by Capitol Hill, ook ʼn noodtoestand afgekondig ten einde te verseker dat geen onluste sal plaasvind op 20 Januarie met die inhuldiging van die nuut verkose president van Amerika, Joe Biden nie.

Trump staar nog moontlik in die gesig dat hy in ʼn staat van beskuldiging geplaas gaan word weens sy aandadigheid tot die gewelddadige verset optog by Capitol Hil.

Trump het reeds vroeër aangekondig dat hy nie die inhuldiging van Joe Biden sal bywoon nie, maar alles dui daarop dat Visepresident Mike Pence, weer soos enige ander geleentheid, netjies sal optree en teenwoordig sal wees uit agting vir die Amerikaanse bevolking.

Intussen het die president en die visepresident saamgestem dat die gewelddadige optrede van Republikeine by Capitol Hill, nie werklik ondersteuners is van “Amerika Eerste” beginsel nie.