Kubaanse dokters nutteloos in SA

Suid-Afrika het ʼn groot aantal dokters uit Kuba :ingevoer: wat glo deskundiges is op die gebied van infeksies soos die koronavirus, maar nou wil dit lyk of die geneeskundiges van geen waarde is nie.

Die dokters wat deur die regering na Suid-Afrika gebring is uit die kommunistiese Kuba, het die belastingbetaler reeds miljoene Rand gekos terwyl die bydraes wat hulle lewer, nie van veel waarde is nie, se sekere instansies.

Die SA Mediese Assosiasie reken die teenwoordigheid van die Kubane is nie die koste geregverdig nie, en geneeskundiges sê hulle is van geen waarde vir die gesondheidsdienste nie.

Die 187 Kubaanse dokters is op n tydelike basis gehuur, maar dit is onduidelik wanneer die huur ooreenkoms beëindig sal word en wat die totale koste beloop om van die mense gebruik te maak wat klaarblyklik nie van waarde is vir die gesondheidsdienste nie.

Intussen is verneem dat minstens 23 van die Kubane ook nog infeksie opgedoen het, en hulle behandeling deur die belastingbetalers betaal moet word.