Koeberg – Veilig?

Al hoe meer vrae word gevra rondom die veiligheid van die Koeberg Kernkrag sentrale.  Die nommer een eenheid moes oor die naweek afgeskakel word weens ‘n toenemende lekkasie. Volgens Eskom se amptenare is die lekkasie binne veiligheids limiete maar is die eenheid van lyn geneem vir herstel  en onderhoud.  Beplande onderhoud was geskeduleer vir Februarie en die eenheid sal nou eers in Mei 2021 weer operasioneel wees.  Gedurige onvoorsiene lekkasies laat die vraag ontstaan hoe veilig Koeberg werklik is.

Ingeligte deskundiges in kragopwekking wys daarop dat die twyfel wat bestaan oor die veiligheid van Koeberg, en die veroudering van die steenkool kragstasies in die land, die risiko verhoog dat Suid-Afrika se beurtkrag omsit in “geen krag” as daar nie vinnig werk gemaak word nie.