Katolieke vra dat pers moet swyg

Verslaggewers het uit die media konferensie gestap in Cologne nadat woordvoerders van die Katolieke Kerk gevra het dat hulle ʼn vertroulike dokument as ooreenkoms moet onderteken wat bepaal dat hulle die inligting nie moet publiseer nie.

Die kerk se verteenwoordigers wat gerig daarop om aangeleenthede te bespreek aangaande ʼn sleutel verslag oor kindermolestering.

Die verslaggewers is gevra om die inhoud van die betrokke verslag as ʼn “geheim” te hou, wat volgens waarnemers en ingeligte bronne wys op die Katolieke Kerk se skokkende betrokkenheid by kindermolestering in Duitsland.

Die optrede van die kerk se beamptes het joernaliste laat besluit om eerder die byeenkoms te verlaat wat deur die Katolieke Kerk gereel is.

Volgens berigte het die kerk se Aartsbiskop van Cologne die pers konferensie aangevra om die ongepubliseerde verslag oor kindermolestering te bespreek.

 Later het die kerk se woordvoerder gesê hulle het besluit om ʼn “geredigeerde” weergawe van die verslag aan die joernaliste beskikbaar te stel, maar blykbaar het die verslaggewers nie veel belangstelling daarin getoon nie.