Katar en Egipte herstel verbreekte bande

Die hoofstad Dohan in Katar, en die Egiptiese stad Kaïro het op vreedsame wyse besluit om ʼn einde te bring aan die drie jaar lange vyandelike verhouding.

Volgens die Egiptiese Minister van Buitelandse Sake het die hervatting van bande gevolg nadat Saoedi-Arabië begin het om die verhouding met Katar te herstel.

 Katar en Egipte se senior diplomate het die week samesprekings gevoer en kon die spanning verlig word met die hervatting van die verbintenis soos dit vier jaar gelede bestaan het.

Die twee lande het aan mekaar bevestig dat diplomatieke bande so vinnig as moontlik herstel word, en daarmee word die isolasie wat deur Arabiese lande ingestel is teen Katar, finaal beëindig.

Katar is sowat vier jaar gelede daarvan beskuldig dat hy terreur groepe huisves en selfs gefinansier, wat gelei het tot die isolasie wat Saoedi geïnisieer het en wat meer as drie jaar geduur het.

Verskeie Arabiese lande het Donald Trump se bemiddelde optrede om die vrede te herstel, erken as die daad wat uiteindelik groter rustigheid bring in die Golf en Midde-Ooste.