Kaapstad kry aanlyn lisensie stelsel

Die lang rye wat deesdae so algemeen is, gaan glo binnekort iets van die verlede wees as Kaapstad sy motorlisensies aanlyn gaan lewer vir motoriste.

ʼn Woordvoerder sê Kaapstad se Lisensie Afdeling werk aan die daarstel van die nuwe stelsel waarvolgens mense hulle motorlisensies aanlyn kan bekom.

Die stelsel word ontwikkel nadat die grendel tyd van die pandemie dit bemoeilik het vir motoriste om geholpe te raak, en die frustrasie van lang toeue mense wat nie die sosiale afstand handhaaf in die rye nie, sal dan tot ʼn einde kom.

Die lisensie dokumente word maklik afgetrek op die internet, nadat die betaling gemaak en die nodige dokumentasie hanteer is.

Kaapstad het glo meer as R10 miljoen goedgekeur en sy begroting dienooreenkomstig aangepas om die tegnologiese aanpassing moontlik te maak.