Japan ontken Olimpiese Spele kansellasie

Die organiseerders van die Olimpiese Spele wat vir vanjaar geskeduleer is om in Japan gehou te word, gaan voort volgens die senior woordvoerder van die Spele en is ook bekragtig deur die Japanese regering.

Die organiseerders sê die Japanse regering en die Internasionale Olimpiese  Raad het bewerings wat in ʼn Britse koerant verskyn het dat die Spele gekanselleer is, yen sterkste ontken.

Ingeligte bronne sê die hoofde van die Olimpiese Spele het laat blyk dat die Spele gehou sal word al is daar geen toeskouers weens die pandemie nie. Onbevestigde berigte lui dat die Olimpiese Spele nie weer uitgestel kan word nie weens die verlies van miljarde dollar as dit sou gebeur, iets wat die Internasionale Olimpiese Raad nie kan bekostig nie.