Italië se regse regering verloor steun

Die gematigde regse regering van Italië en sy Eerste Minister, Giuseppe Conte, het belangrike steun verloor, en in die proses ook sy meerderheid in die Senaat prysgegee.

Sy eertydse koalisie vennoot, en voormalige premier, Matteo Renzi, het die regeerder in die hoek vasgedruk, en daarna ʼn olyftakkie na die Eerste Minister uitgehou.

Matteo het glo die sneller getrek om daarmee ʼn politieke krisis te skep deur deur te onttrek uit die regering se koalisie, en die Eerste Minister Conte daardeur gelos met ʼn minderheidsregering in die Hoër Huis van die parlement.

Alhoewel Renzi ʼn klein party is, hou hy die sleutel van ʼn meerderheid met sy samewerking met die regerende party, en met twee van sy verteenwoordigers wat dien as ministers in die regering, is Renzi besig om die septer te swaai.

Aan die media het Renzi dit in geen onduidelike taal gestel nie, hy wag dat die premier met hom kom onderhandel, en die bal is in die premier se kant om gespeel te word.