Italië: Reuse hofgeding teen Mafia

Die konserwatiewe regering van Italië is besig om een van verkiesingsbeloftes met erns na te kom deur lede van die Mafia, waarvan sommige al “rustens” is, in ʼn hofsaak vas te trek vir hulle dade oor ʼn lang tydperk.

Die vervolgingsgesag het die hofgeding teen sowat 350 verdagte lede van die Mafia begin waarvan daar ook politieke persoonlikhede, prokureurs en sakelui is.

Die verhoor word in ʼn spesiale lokaal gehou om al die belangrikste verdagtes te akkommodeer en wat onder sterk polisie en ander veiligheids strukture bewaak word.

Die vervolging van so baie mense is die grootste van sy soort wat in die afgelope 30 jaar in Italië gehou is, en aanklagte wissel van dwelm smokkelary, moord, onwettige wapen besit, geld wassery en korrupsie, en vorm alles deel van die regering se plan om Mafia bedrywighede uit te roei.

Die owerheid sal glo van meer as 90 getuies gebruikmaak om die oortreders vas te trek, en regskenners reken swaar strawwe sal opgelê word teen diegene wat skuldig bevind word.