Iran wil VN wegjaag uit sy land

Uit die Verenigde Arambiese Emirate word berig ontvang dat die regering van Iran gedreig het om die Verenigde Nasies se kernwapen waghond inspekteurs die land belet gaan word tensy die internasionale sanksies onverwyld opgehef word.

Die parlement van Iran se besluit behels ondermeer dat die sanksies teen 21 Februarie opgehef moet word ander sal die VN inspekteurs gedwing word om die land te verlaat.

Die parlement het so kras opgetree dat hulle selfs ʼn wet goedgekeur het wat die mag gee aan die regering om enige VN inspeksies te stop wat uitgevoer moes word op sy kernkrag toerusting.

Teheran het sy aggressie getoon toe hy die VN in kennis gestel het dat hy sy uraan verrykings aanleg se produksie na 20 verhoog het terwyl die akkoord slegs voorsiening maak vir 3%.

In ʼn verklaring se Iran dat hy beslis die inspekteurs die land sal belet indien die VSA nie op 21 Februarie sy sanksies van finansies en banke sowel as die olie sanksies opgehef het nie.

Kenners sê die dreigement is ʼn toets vir die nuwe president van Amerika, Joe Biden, wat direk betrokke sal wees in die VSA se beslissing.