Iran oortree verryking van uraan akkoord

Iran het reeds die produksie van verrykte uraan vir ʼn geruime tyd oortree deur meer te vervaardig as wat in die internasionale ooreenkoms toegelaat word, en het klaarblyklik die verryking nog verder vermeerder in die afgelope maande.

Die optrede van Iran hou skynbaar verband met hulle verlies met die dood van die mees senior wetenskaplike by die uraan verrykings aanleg, Mohsen Fakhrizadeh, wat in November verlede jaar vermoor is.

Iran het die Israeliese regering geblameer vir die moord nadat die wetenskaplike doodgeskiet is en daarna gesê die moord sal met tyd op paslike wyse gewreek word.

Die Verenigde Nasies se waghond oor kernwapen vervaardiging het bevestig dat Iran beplan om veel meer verrykte uraan te produseer as wat in die 2015 ooreenkoms aangegaan is.

ʼn Woordvoerder van Iran het aan die Internasionale Atoom Energie Agentskap gesê die land beplan om 20$ verrykte uraan te vervaardig in plaas van die 3,67% wat in die 2015 ooreenkoms vervat is.