Iran nou Al-Kaïda se tuiste

Die uittredende Minister van Buitelandse Sake in Amerika, Mike Pompeo, sê die terroriste organisasie Al-Kaïda, het ʼn nuwe tuiste gevind deur te vestig in Iran.

 Hy sê die terroriste organisasie beweeg weg uit Afghanistan en het ʼn nuwe tuiste vir sy basis in Iran gevind en beweer dat die militante groep nou moeilik aangeval sal word weens die beskerming wat geniet word in Iran.

Al-Kaida is reeds bekend vir die wreedaardige wyse waarop hy burgerlikes vermoor en teen vyandelike magte optree, en sy verskuiwing weg van Afghanistan is gedoen omdat hy uitwissing in die gesig gestaar het in die oorlog geteisterde land.

Onbevestigde berigte lui dat een van die terroriste leiers,   Abu Muhammad al-Masri, is vroeër gedood in lugaanvalle deur Israel se vegvliegtuie, wat klaarblyklik die deurslag gegee het om na Iran uit te wyk.