Iran kry nuwe teenstanders

Vir die afgelope vier jaar was Iran se grootste teenstander die president van Amerika, Donald Trump, wat met verwerping van die uraan verrykings ooreenkoms die stryd teen ran begin het.

Dit is ook in die tyd, sowat drie jaar en ses maande gelede, wat die Golf nasies die buurland Katar se afwesigheid in hulle geledere moes ervaar.

Nou is Katar weer terug verwelkom in die geledere van die Golf nasies, en daarmee het Iran se grootste teenstander sy opwagting gemaak.

Iran het sy hoop gevestig op gebeure in die VSA waar Trump uittree en hy verwag dat Joe Biden as nuwe president die lug sal suiwer om weer die akkoord namens die VSA te aanvaar.

Die stryd teen Iran word egter nou uit ʼn nuwe oord gevoer met Katar se terugkeer na die geledere van die Golf nasies nadat hy vir byna vier jaar in isolasie verkeer het.

Katar word erken as ʼn hoofrol speler in die Golf gebied, en is uitgesproke teen Iran, wat kan lei tot nuwe spanning tussen die Arabiese volke.