Indiese regering kry verset teen tabak voorstelle

Die voorstelle van die Indiese regering word met erns teengestaan deur die industrie wat nou ernstige besware na vore kom weens die maatreëls wat oorweeg word.

Die regering se voorstelle behels ondermeer dat rook sones ingestel moet word in hotelle en dat advertensies by sigaret- en snoepie winkels verbied word.

Die voorstelle is die eerste stappe wat die regering wil neem om die rook areas te beperk om nie-rokers te beskerm teen rook besoedeling.

Alhoewel die land reeds vir jare poog om strenger op te tree teen rokers, kon die wette wat ingebring is, nie deur die wetstoepassers effektief uitgevoer het nie.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) sê dat 1,3 miljoen mense sterf jaarliks in Indië as gevolg van tabakrook inaseming

Die land het die voorgestelde wetgewing oor tabak kontroles en beheer bekend gemaak wat ook sal beteken dat restourante en lughawens ook rookvrye gebiede sal wees, maar die tabak industrie het ernstige besware aangeteken, en bestaan die moontlikheid dat die regering miljoene rokers se steun kan verbeur in ʼn volgende verkiesing.