Hoop en verwagtinge vir 2021

Terwyl volke en nasies regoor die wêreld hulle hoop en verwagtinge ingestel het op die koms van die nuwe kalenderjaar, is daar ook diegene wat waarskuwende woorde uiter van nog ʼn jaar van maskers en inperkings.

Politieke leiers poog om kiesers te bemoedig met die versekerings van entstof wat die pandemie sal beëindig, maar die realiste sê die pandemie gaan 2021 binne om nog lank hier te wees, want menige weier om ingeënt te word.

Die verwagtinge dat 2021 beter ekonomiese toestande sal meebring, word ook bevraagteken deur wêreld ekonome wat sê as die koronavirus steeds voortleef, kan verwag word dat meer variasies daarvan oor die wêreld sal spoel terwyl daar nog geen waarborg is dat die nuut ontwikkelde entstof sulke variasies sal stuit nie.

Kenners het die wêreld bevolking gewaarsku dat 2021 ook die jaar sal moet wees waarin mense met verantwoordelikheid die basiese voorsorgmaatreëls sal gehoorsaam: Gereeld hande was en ontsmet by sakeondernemings, dra ʼn goeie masker, en handhaaf te alle tye die sosiale afstand, dan is die stryd 65% gewen.

Die oorblywende 35% is ook noodsaaklik: Vermy sake sentrums en samedromming van mense, koop voorraad deur aanlyn bestellings te plaas en eet gesond.