Hong Kong arresteer dosyne demokrate

Met die sogenaamde veiligheids wetgewing wat deur Sjina afgedwing is op Hong Kong, het die polisie se mag vergroot, en in die afgelope tyd is 50 pro-demokrate gearresteer.

Die polisie voer aan dat die vermoede bestaan dat die aktiviste besig is om die gesag te ondermyn, en word aangehou vir ondervraging ingevolge die Beijing geinspireerde “nasionale veiligheids wette” wat tans geld in Hong Kong.

Minstens sewe van die pro-demokrate wat gearresteer is, is lid van die Hong Kong Demokratiese Party wat die grootste opposisieparty in die gebied is.

Die mees prominente persoon is waarskynlik die voormalige voorsitter van die Party, Wu Chi-wai, asook ʼn voormalige parlementslid, Helena Wong.

Die pro-demokrate het eenparig besluit om nie meer as verkose lede van die parlement, sittings by te woon nie, en het almal as lede van die parlement bedank.

Joshua Wong, ʼn prominente pro-demokratiese aktivis wat vroeer gearresteer is weens beweerde “organisering van ʼn onwettige protes” optog, is ook later gearresteer, en sy sosiale newerk rekening is geblokkeer.