Honderde immigrante trotseer winter koue

Meer as 3,000 immigrante staar die winter se koue weer in die gesig omdat die Bosniese regering geen verblyf bied aan die mense, sê die Internasionale Organisasie vir Immigrante.

Die Organisasie beweer dat die mense gestrand is in die noorde van Bornie sonder enige verblyf terwyl sommiges reeds sukkel met ernstige siekte toestande weens die bitter koue weer.

Die grootste deel van die immigrante slaap snags in die oopte terwyl die nagtemperatuur skerp gedaal het in die afgelope week.

Baie het begin vlug na die grens van Kroasië met die hoop om toegelaat te word en huisvesting te bekom, maar dit is duidelik dat die Oos-Europese lande nie gretig is om die vreemdelinge te ontvang nie.

Kroasië, wat ʼn lid van die Europese Unie is, het nog nie toegelaat dat die mense na sy land kom nie, en woordvoerders reken die situasie sal nie maklik opgelos word as die Europese Unie nie intree en verblyf beding by een van sy lidlande nie.