Honderde gearresteer oor Covid oortredings

Regoor Suid-Afrika het veiligheidsmagte opgetree teen diegene wat nie die nuwe Vlak 3 grendel maatreëls nagekom het nie.

In die Verre Noord-Transvaal (Limpopo) provinsie is ongeveer 500 mense aangehou deur die polisie en in Wes-Transvaal is meer as 300 oortreders aangehou.

Die polisie sê hulle sal voortgaan om mense aan te keer wat nie volgens die regulasies optree nie, en waarsku dat swaar boete en tronkstraf kan wag op diegene wat sonder maskers in die openbaar beweeg.

Dit is nie seker wanneer die oortreders in die howe sal verskyn nie, maar waarnemers wys daarop dat die polisie klaarblyklik verkies om die “maklike teikens” aan te keer terwyl die moordenaars en verkragters nie veel het om te vrees nie, is gesê.

Geen besonderhede van getalle uit ander provinsies is bekend van oortreders wat aangekeer is nie, maar onbevestigde berigte lui dat baie in Sentraal Transvaal (Gauteng), Durban omgewing en Wes-Kaap aangekeer is.