Grondverskuiwing eis onbekende aantal lewens

Na reddingswerkers vir dae lank gesoek en gegrawe het om moontlike slagoffers te red, was weinig sukses bereik na ʼn massiewe grondverskuiwing wat ook sneeu bevat, in Noorweë op mense toegesak het.

Reddingswerkers sê dit help nie meer om voort te gaan met die soektog want hulle het nou alle hoop laat vaar dat nog mense lewend gevind sal word.

Die reddingswerkers kon daarin slaag om die eerste dag na die grondverskuiwing, sewe lewelose mense vind, maar dit lyk of veel meer mense gedood is en diep onder die massiewe groot klomp grond begrawe is.

Aanvanklik is drie liggame gevind, en later die dag nog sewe, wat minder is as wat deur die omgewing se mense beraam is. Talle mense word vermis en dit is onseker of hulle iewers heen is vir die Fees naweek, en of hulle slagoffers van die grondverskuiwing is.