Georgie regeringshoof tree uit

Uit Moskou is berig ontvang dat die regeringshoof van sy buurland Georgie besluit het om uit die politieke arena te klim om nie weer terug te keer nie.

Bidzina Ivanishvili is tans die land se hoof van die regerende party, en as die mees welgestelde man van die land, gaan hyo ok nie terugkeer na die politiek nie.

Hy is die hoof van die regerende Droom Party wat sedert 2012 tot 2013 diens gedoen het as Eerste Minister, maar tot hede as hoof van die landsregering diens gedoen het.

Georgie was vroeër deel van die Russiese Federasie, maar met die val van die Berlynse Muur het een na die ander land hulle losgemaak van Rusland, maar Georgië het eers in ʼn bloedige stryd met Rusland verkeer voordat hulle finaal bevry is van die kommunistiese juk.

Verskeie Suid-Afrikaners het na die land verhuis om daar as landbouers, die bevolking te help om weer as demokrate weg te beweeg van die kommunistiese bestel waaraan hulle vir dekades gekoppel was.

Bidzina Ivanishvili het ʼn beduidende rol vervul om die land terug te bring na sy eertydse glorie voor die kommuniste hulle tot slawerny gedryf het.