Frankryk: Peugeot en Fiat smelt saam

Die besluit om saam te span het die belofte om die vierde grootste motornywerheid van die wêreld te word as Fiat en Peugeot finaal hande vat.

Die samesmelting sal beteken dat die nuwe firma ʼn kapasiteit van 8,7 miljoen motors per jaar kan vervaardig, en die aandeelhouers van die twee maatskappye het ten gunste van so ʼn eenwording gestem.

Die aanlyn byeenkoms het gevolg op die aanvanklike besluit van die twee maatskappye se hoof besluitnemers strukture, en sal Peugeot, met sy ander fabrikante soos Citroen en Opel, eersdaags een word met Fiat-Crysler.

Volkswagen bly nog steeds die wereld se grootste vervaardiger, met Toyota in die tweede plek en Renault-Nissan in die derde plek.