Frankryk inenting begin met bejaardes

Die Franse inentings veldtog het begin deur eerstens die bejaarde mense van bo 75 jaar te immuniseer, en wil daarmee probeer om die sterftes te beperk.

Frankryk het reeds meer as 70,000 sterftes geregistreer, en daarom word gesondheidsdienste se werkers, en die bejaardes eerste behandel.

President Emmanuel Macron se regering het hewige kritiek gekry vir die laat begin met die inenting veldtog, en dit is veral die gesondheidsdienste se werkers wat ontevrede is weens die hoë risiko van infeksie waaraan hulle blootgestel is.

Die toename in infeksies regoor die wêreld het nou byna die 95 miljoen merk bereik en 2 miljoen het reeds gesterf as gevolg van die koronavirus infeksie.

Kenners wys daarop dat die tweede pandemie wat hoofsaaklik gedryf word deur die nuwe variant, oor die eienskap beskik om 50% vinniger te versprei weens sy hoër aansteeklikheid, maar dat dit nie meer dodelik is vir pasiënte as die eerste pandemie se infeksie nie.

Frankryk ondervind egter ʼn groot aantal inwoners wat teen inenting gekant is, wat die taak van die regering aansienlik bemoeilik, is gesê.