EU stop gaspyp aanbou oor Navalny

Die Europese Parlement het besluit om die gas pyplyn wat vanaf Rusland in aanbou is, eers te stop weens die arrestasie wat uitgevoer is op Alexei Navalny.

Die kontroversiële pyplyn sal twee keer die hoeveelheid gas voorsien as wat tans vanaf Rusland gelewer word, maar omdat Rusland nie positief reageer oor Navalny se vrylating nie, word die bouwerk aan die reuse pyp aanleg voorlopig gestaak.

Rusland het versoeke van Duitsland verwerp toe die land president poetin versoek het om Navalny onvoorwaardelik vry te laat, maar die hefboom om die verdere bouwerk aan die pyplyn te staak, word gesien as ʼn kragtige wapen om Rusland tot ander insigte te bring.

Alexei Navalny is met sy aankoms in Moskou, vanaf Duitsland, summier in hegtenis geneem en in een van Rusland se gevaarlikste tronke opgesluit.

Die gas pyplyn, bekend as Nord Stream 2 is in aanbou vanaf Rusland na Duitsland en is byna 90% klaar, maar die projek kry baie negatiewe kritiek en die koste van nagenoeg $11 miljard word nie oral in EU lande goed ontvang nie. Die pyplyn wat gedeeltelik op die Baltiese See bodem gelê is, sal vir Europa, en veral Duitsland, van waarde wees met die gas wat twee keer meer is as wat die bestaande pyplyn lewer, maar teenstanders sê dit maak lande ekonomies afhanklik van Rusland se gas lewering.