EU keur Moderna entstof goed

Die koronavirus entstof wat in die VSA ontwikkel is, is nou deur die Europese Unie goedgekeur alhoewel dit onderwerp is aan sekere bemarking voorwaardes.

Dit moet nou eers deur die Europese Kommissie goedgekeur word waarna die die tweede entstof soort is wat deur die 27 lidlande aanvaar sal word.

Die Moderna entstof is pas deur die Europese Mediese Agentskap aanbeveel en sal in sekere lande byval vind weens die laer prys en omdat die minus 70 grade Celsius nie op die entstof van toepassing is nie.

Die Europese Unie se leiers het die afgelope week skerp kritiek ontvang omdat hulle nie voldoende voorraad entstof aangekoop het nie, maar kan waarskynlik met Moderna voorraad die ergste kritici laat swyg.