EU Handelsooreenkoms goedgekeur

 Kort nadat die Europese Unie die handelsooreenkoms met die Verenigde Koninkryk aanvaar het, het die regering van Boris Johnson die ooreenkoms met ʼn groot meerderheid goedgekeur.

Die Verenigde Koninkryk se stemming van 521 ten gunste van die ooreenkoms, met ʼn teenstem van slegs 73, word beskou as die grootste parlementêre oorwinning in Engeland se geskiedenis sedert die Tweede Wêreldoorlog.

Sedert die afgelope Vrydag, 1 Januarie 2021, is die Verenigde Koningkryk nie meer lid van die EU nie, en het die nuwe handelsooreenkoms in werking getree adat Eerste Minister Boris Johnson die ooreenkoms onderteken het.

Die Britse premier, Boris Johnson, het later gesê die Verenigde Koninkryk het na uittrede die EU se “vriendelike buurman, beste vriend, en alliansie vennoot” van die 27 lidlande geword.