Estland premier bedank, ontken skuld

Juri Ratas, die Eerste Minister van Estland het sy bedanking aangekondig, na ʼn ondersoek begin is teen hom en sy party, maar ontken dat hy enige iets verkeerd gedoen het.

Die premier se bedanking het as verrassing gekom nadat sy Sentrale Party se verbintenis met sakelui in die land verdag voorgekom het tydens ʼn amptelike ondersoek.

Bewerings en beskuldigings is gemaak dat ʼn sakeman wat ook ʼn donateur van die party is, het ʼn staatslening gekry met “onrealistiese” rentekoers en betalings voorwaardes.

Die Eerste Minister wat sedert 2016 aan bewind is, se bedanking het gelei tot die president, Kersti Kaljulaid, se verantwoordelikheid om ingevolge die grondwet, binne 14 dae ʼn nuwe premier aan te wys.

Die uitgaande premier sê hy hoop die ondersoekers sal al die tersaaklike aspekte deeglik ondersoek ten einde die volle waarheid te bekom.