Duitsland: Honderde paspoorte gesteel

Honderde paspoorte en nuwe ID dokumente is gesteel in die oostelike deel van Duitsland en die diewe het ook twee vinger afdruk skandeerders weggedra.

Die diewe kon na twee dae nog nie opgespoor word nie en ernstige kommer heers oor die splinternuwe ID karate en paspoort boekies wat gesteel is en deur skurke gebruik gaan word om te verkwansel aan onwettige inwoners en reisigers wat die land onwettig wil binnegaan.

Die diewe het die honderde ID kaarte en paspoorte wat in ʼn kluis was, en wat verskuif moes word na ʼn ander perseel, laat verdwyn sonder dat enige iemand daarvan bewus is.

ʼn Woordvoerder van die polisie sê die 750 kilogram kluis met sy honderde nuwe dokumente daarin het spoorloos verdwyn, en alhoewel die 27,000 inwoners van die stad gevra is om op die uitkyk te wees vir mense wat ʼn kluis vervoer, het dit geen inligting na vore laat kom nie.

Die stad se burgemeester het sy verskoning aangebied aan diegene wie se ID en Paspoort dokumente onder die gesteelde goed is, maar ingeligte bronne sê diegene wie se dokumente gesteel is, kan nou teikens word, en gereeld deur die polisie gearresteer word weens die skurke se misbruik daarvan.