Duitser verloor miljoene euro

Dit is byna R200 miljoen wat die wenner van Duitsland se Lotto deur sy vingers laat glip het deur nie sy prys op te eis nie, en dit is die grootste bedrag wat nog in die land onopgeëis gebly het.

Die wenner van die €11.3 miljoen “jackpot”  is nou terug in die trekking stelsel en kan nie meer opgeëis word deur die wenner nie.

Terwyl derduisende mense in Duitsland droom van die dag wat hulle die mil;joene gaan inbetaal in hul bankrekening, is daar die naweek een Duitser wat waarskynlik nog nie besef watter groot verlies hy homself op die lyf gehaal het deur nie die uitslag na te gaan van die wen nommer nie.

Kenners wys daarop dat die Lotto gewoonlik twee nadele het. Eerstens spandeer mense duisende Rand sonder om ooit iets te wen, en dikwels is die wenner van so ʼn massiewe groot bedrag so in vervoering dat hy hopeloos te spandabelrig word en vergeet om die grootste gedeelte van die geld in veilige beleggings te omskep.

Die bestuur van die Duitse Lotto sê in ʼn verklaring dat hulle dae lank probeer het om die wenner op te spoor, maar moes uiteindelik bes gee en die bedrag terug sit in die stelsel vir ʼn volgende trekking.

In Duitsland het die wenner van so ʼn Lotto prys, drie jaar en ses maande tyd om sy prysgeld op tee is, en die tyd het nou verstryk.