Duisende troepe om Biden te beskerm

Ongeveer 20,000 Amerikaanse troepe is ontplooi in en om die beroemde Capitol gebou waar die nuwe president Joe Biden ingehuldig word.

ʼn Beroep is op ondersteuners en belangstellendes gedoen om liewer nie die geleentheid by te woon nie, en eerder tuis te bly ten einde enige moontlike geweld te vermy en om infeksie van koronavirus te voorkom.

Anders as wat gewoonlik in die VSA plaasvind wanneer die nuwe president ingehuldig word, sal daar vanjaar baie minder mense opdaag, en sal die terrein waarskynlik oorheers word deur soldate, polisie, FBI agente, en Geheime Diens se manskappe, almal om te voorkom dat geweld kan losbars as Trump ondersteuners sou opdaag.

Die afwesigheid van die uittredende Donald Trump en die teenwoordigheid van die uittredende visepresident, Mike Pence, sal waarskynlik ʼn nuwe hoofstuk vorm in die geskiedenis van president wat ingehuldig is.