Duisende arrestasies oor maskers

Dit wil voorkom asof die polisie nou meer ingestel is daarop om mense te arresteer wat sonder maskers in die openbaar verkeer, as wat gedoen moet word om ander misdade te voorkom.

Dit is die mening van ʼn voormalige geregsdienaar wat die optrede is van die polisie, en by name die optrede van die Minister van Polisie, Bheki Cele.

Cele het pas bekend gemaak dat Suid-Afrika sedert Maart verlede jaar sowat 340,000 arrestasie uitgevoer het teen mense wat sonder maskers in die openbaar is.

Cele sê mense wat gearresteer is, word na die polisiestasie geneem, vinger afdrukke word geneem, en voor die keuse gestel om ʼn boete te betaal, of om voor ʼn landdros te verskyn, want beide gevalle laat die oortreder met ʼn kriminele rekord, het hy uitgewys.

Die minister se meer as 7,000 arrestasies is uitgevoer sedert Vlak 3 grendel maatreëls ingestel is, en regsgeleerdes wys daarop dat die straf op die misdryf ʼn boete, of tot ses maande tronkstraf, of beide kan beteken. Dit is nie bekend gemaak watter maksimum bedrag aan boete gehef kan word nie.