Druk op hospitale bly hoog

Die afgelope weke het die druk op hospitale dramaties verhoog weens die geweldige skerp styging in koronavirus infeksies wat toegeskryf word aan verskillende faktore, insluitende die nuwe variant virus wat baie meer aansteeklik is as die eerste weergawe.

In die afgelope week het hospitale byna 17,000 pasiënte met infeksie gehad, en die totale sterftes is sowat 37,000 terwyl daar nog geen teken van ʼn draaipunt is nie.

Byna 2,400 pasiënte verkeer in Hoësorg eenhede van hospitale, en die tekort aan verpleeg personeel het die druk laat toeneem wat deur kenners bestempel is s ʼn gevaarlike toestand wat kan lei tot algehele ineenstorting van die gesondheidsdienste.

Sentraal Transvaal (Gauteng) en Wes-Kaap se hospitale huisves byna die helfte van die 17,000 pasiënte, en waarskuwings is geuiter dat Sentraal Transvaal nog nie naby sy draaipunt is nie.

Met ʼn daaglikse toename in nuwe infeksie gevalle wat wissel van 12,000 tot 22,000 per 24 uur tydperk, is die gevaar dat selfs die veldhospitale nie genoeg beddens het nie, is gesê.