Die OB kan tronk toe

Die Openbare beskermer is aangekla daarvan dat sy by drie geleenthede meineed gepleeg het, wat as sy skuldig bevind word, haar agter tralies kan laat beland.

Busisiwe Mkhwebane het verlede week in die landdroshof verskyn op aanklag dat sy drie keer onder eed gelieg het, en indien die klagtes deur die hof bevestig word, kan sy lank agter tralies gehou word.

Kenners wys daarop dat die OB reeds soveel hofsake se uitsptak teen haar gehad het, dat dit nie vreemd sal wees as hierdie aanklagte ook teen haar skuldig bevinding gaan staan nie.

Sy het na bewering gelieg oor hoe dikwels sy besoek afgelê het by die voormalige ANC president, Jacob Zuma, wat self ʼn bedenklike rekord het, is gesê.

Kenners reken die regering het die volste reg om van die OB ontslae te raak as sy aan meineed skuldig bevind word, en dit kan haar loopbaan as advokaat ook in gedrang bring.