Deutsche Bank breek weg van Trump

Trump Gebou VSA

Die wêreldbekende Deutsche Bank het besluit om sy verhouding met president Donald Trump te verbreek en nie verder sake te doen met die met die uittredende president van Amerika nie.

Die inligting wat deur die Amerikaanse New York Times en Bloomberg bekend gemaak is, skep die indruk van ʼn politieke besluit wat deur die Bank geneem is na aanleiding van die president se betrokkenheid in die Capitol Hill protes optog.

Die Trump Organisasie skuld Deutsche Bank sowat €280 miljoen van lenings wat aangegaan is, en die uitvoerende bestuur van die Bank het die besluit geneem weens die negatiewe publisiteit wat veroorsaak is deur die gewelddadige protes optogte in die VSA.

Die Bank sê geen nuwe transaksies sal met die miljarder of sy maatskappy aangegaan word nadat hy die Wit Huis amptelik verlaat het nie.

Ingeligte bronne beweer egter dat die Trump Organisasie nie verlee is oor die besluit nie, en kan selfs die stap neem om onverwyld die lenings vanuit ʼn ander bankier bekom om weg te beweeg van Deutsche Bank.

Pres. Donald Trump is reeds vir baie dekades ʼn getroue en gewaardeerde kliënt van die Bank, maar kenners reken dit is duidelik dat die Bank klaarblyklik ʼn emosionele en politieke besluit geneem het.