Derde pandemie binne maande in SA

Ongeag of die entstof reeds ontvang is en inentings begin het, kan Suid-Afrika verwag om binne maande die derde pandemie te kry, wat verdere druk op die stelsels sal plaas.

Gesondheidsdienste deskundiges waarsku dat die inentings veldtog nie beteken dat die virus gaan verdwyn nie, maar dat die beperkte dosisse entstof wat beskikbaar sal wees vir inwoners van die land, te min is om te voorkom dat die derde pandemie die land oorspoel.

Daar is klaarblyklik ook geen waarborg dat mense wat slegs eenkeer ingeent is, nie weer infeksie gaan opdoen nie, wat die ontwikkeling van ʼn derde pandemie soveel meer moontlik maak.

Deskundiges wys daarop dat die Desember vakansie ʼn groot rol gespeel het om die tweede pandemie te ontwikkel, en die beweging van mense het die versnelling in verspreiding aangehelp.

Die mening is ook uitgespreek dat die “voortydige” opheffing van die alkoholiese drank verbod ʼn verdere versnelling in verspreiding tot gevolg gehad het.

Met die faktore sal rekening gehou moet word in die komende maande wanneer die derde pandemie oor Suid-Afrika spoel, het een geneeskundige gesê.