Covid krisis duur voort

Volgens die gegewens wat Woensdag vrygestel is, het die regime se werkers nou sowat 6,8 miljoen mense getoets vir koronavirus infeksie.

Meer as 1,12 miljoen mense het sedert die begin van die pandemie positief getoets waarvan 921,000 reeds herstel het, wat beteken daar is nog ongeveer 287,000 infeksies.

Die sterftes het op dieselfde tyd reeds die 30,500 merk verby gegaan, en 14,410 nuwe gevalle is aangemeld.

Hospitale, veral staatsinstellings, is oorvol van pasiënte, en die ernstige tekort aan verpleeg personeel maak dit moeilik om diens te lewer van ʼn hoë standaard.

Dit word reeds wyd bespiegel dat die Ramaphosa regime verdere maatreels gaan aankondig in ʼn desperate poging om die pandemie se nelle uitbreiding te beperk.