Covid infeksies styg steeds

Volgens die verslae wat Donderdag vrygestel is, het die infeksies en sterftes in Suid-Afrika nuwe rekord hoogtes bereik en word voorspel dat dit nog nie die draaipunt is nie.

Met byna 22,000 nuwe infeksies binne 24 uur, en 844 sterftes in dieselfde tydgleuf, is daar genoeg rede om te weet dat Suid-Afrika nou ʼn groter krisis ingaan as met die eerste pandemie.

Die statistieke toon ook dat die sterftes onder alle ouderdomsgroepe is, en geneeskundiges doen ʼn dringende beroep op mense om die veiligheidsmaatreëls nougeset te volg.

Was hande, vat aan niks buite jou huis se mure nie, handhaaf sosiale afstand en dra die masker buite die huis. Gebruik vitamien D  en Zink saam met Vit C aanvulling om die liggaam se weerstand te versterk, maar hou by die voorgeskrewe dosis.