Covid: Indië keur eie entstof goed

Uit die hoofstad van Indië word berig dat die owerheid die AstraZeneca entstof van Oxford Universiteit asook ʼn tweede entstof, wat in die Indiese Instituut ontwikkel is, goedgekeur het vir openbare gebruik.

Die entstof wat in Indië ontwikkel is, en wat deur die staat ondersteun is, sal in massa vervaardig word deur die Central Drugs Standards Control Organisation het die Minister van Gesondheid gesê.

COVAXIN wat in Indië ontwikkel is, sal seam met die AstraZeneca entstof van Oxford, asook die Russiese Spoednik entstof, in die land gebruik word om sy 1,3 miljard inwoners te immuniseer teen die Covid koronavirus met sy verskillende variante.

Die Russiese owerheid het aangebied om sy Spoednik ook in Indië te laat vervaardig om die inenting veldtog te bespoedig in die land wat die wêreld se grootste bevolking het van alle lande.