Covid: ANC ministers wil Vlak 4 toepas

Ministers Nkosazana Dlamini-Zuma en Bheki Cele is die voorstanders om terug te keer na Vlak 4 se grendel maatreëls weens die erge pandemie, wat beteken die land se ekonomiese stand gaan onherstelbaar beskadig word.

Verskeie bronne berig dat daar wel teruggekeer gaan word na Vlak 4 nadat berig ontvang is van die skerp styging in sterftes en die infeksies wat kommerwekkend hoog is.

Volgens ingeligte bronne is daar lede van die ANC se adviseurs wat sterk klem laat val op die situasie en vra vir terugkeer na Vlak 4, aangesien die infeksies “onbeheerbaar” styg en hospitale nie die druk kan hanteer weens die tekort aan verpleeg personeel nie.

Die voorstanders sê die Vlak 4 grendel maatreëls behoort vir 30 dae te duur, en die twee ministers is ten volle ondersteunend dat Vlak 4 toegepas moet word.

Die twee ministers is van die mees invloedrykste lede wat dien op die Bevelsraad en sal waarskynlik hulle sin kry, al sou sekere elemente van Vlak 4 versag word.