Covid-19 het dalk ook voordele

Soms het die aaklige pes sy voordeel.

Alexander Forbes het in die grendel tyd al sy werknemers van die huise af laat werk.  In die tyd het daar meer as 400 dissiplinêre verhore plaasgevind . Die feit dat werknemers nou van die huis af gewerk het , het  sekere mense ontbloot wat NIKS gedoen het in die tyd nie.  By die werk het hul op kollegas se rug gery maar by die huis moes hul self werk, dink en doen.  Bykans 150 werknemers is na die verhore afgedank.

Dooie hout is dus uitgesny en die dooie hout was hoofsaaklik diegene wat deur die houtkewers besmet was.

Waarnemers reken daar kan moontlik baie maatskappye wees wat soortgelyke ondervindings het, en behoort deeglike ondersoek te doen na die produktiwiteit van mense wat vanaf hulle woonplekke werk tydens die grendel tyd.