Cele word van korrupsie beskuldig

Ingeligte bronne beweer dat die Minister van Polisie, Bheki Cele, betrokke is by die korrupsie skandaal van vroeër met die swendelary van die Covid Noodfonds se toerusting waarby verskeie mense glo betrokke was.

Die EFF se Rooies is klaarblyklik ingestel daarop om die minister vas te trek in die hof, en met die nuwe beskuldiging word vrae gevra oor hoe die inligting, of bewerings teen Cele bekom is.

Die Rooi brigade het ook in ʼn verklaring gesê die minister van Polisie is gerapporteer by die Openbare Beskermer, en voeg by dat dit duidelik is dat Minister Cele die ondersoek na korrupsie ondermyn het. Die EFF sê hulle het rede om te glo Cele was by die ongerymdhede van korrupsie betrokke, gesien in die lig van sy kriminele rekord van die verlede