Cele word moontlik vervolg

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, kan moontlik vervolging in die gesig staar as die Rooi brigade se Mbuyiseni Ndlozi hulle dreigement uitvoer.

Die EFF se verantwoordelike persoon gaan glo ʼn aantal kriminele klagtes liasseer in die Pretoria Hooggeregshof teen die minister.

Die Rooi brigade se leiers is glo ontevrede omdat Cele voorheen glo probeer het om ʼn beweerde bedrogsaak afgestel te kry.

Volgens die Rooies is die minister se optrede die misbruik van sy mag as minister, en moet hy verantwoordelik gehou word vir sy optrede.

Die beweerde bedrogsaak handel oor die hantering van die virus beskermings toerusting wat klaarblyklik op onregmatige wyse hanteer is en wat die minister wou laat vaar het.

Die minister word ook aangekla vir beweerde politieke inmenging, en die twee klagtes wek die indruk dat die handskoene afgehaal is om Cele te beveg.