Brittanje bestel F-35B vegvliegtuie

Brittanje het bekend gemaak dat hy bestellings geplaas het vir F-35B vegvliegtuie ten bedrae van sowat $751 miljoen.

Die Britte het die kontrak onderteken met die Europese vliegtuig vervaardiger MBDA wat insluit die fasiliteite om missiele te dra en af te skiet.

Die vegvliegtuie sal toegerus wees met die mees moderne toerusting wat tans beskikbaar is, en sal aangepas word om die jongste weergawe van die Brits vervaardigde missiele te dra.

Die Britse missiel, bekend as die SPEAR3 is hoogs doeltreffend om die teiken te bereik en is die jongste van Brittanje se ontwikkeling op die gebied van moderne missiele.

Kenners wys daarop dat die groot moondhede van die wêreld besig is om die grootste moontlike hoeveelheid moderne wapentuig aan te koop om gereed te maak vir enige moontlike oorlog situasie.