Brasilië begin inentings

Die Brasiliaanse regering se inentings program het begin nadat die land twee vervaardigings maatskappye se entstof goedgekeur het.

 Sinovac en AstraZeneca is goedgekeur en sal gebruik word om die eerste veldtog te begin aangesien die land reeds ernstige probleme ondervind met die koronavirus infeksies.

Sjina se Sinovac word met Brittanje se AstraZeneca in die inentingsveldtog gebruik, en ʼn 54-jarige verpleegster van Sao Paulo was die eerste person in die land wat ingeënt is.

Die land het ʼn totale bevolking van meer as 210 miljoen mense, en is Latyns-Amerika se grootste nasie, en woon ook in een van die wêreld se lande met die grootste oppervlakte, wat die veldtog soveel moeiliker maak.

Die land beskik oor sowat 6 miljoen dosisse Sinovac entstof wat uit Sjina afkomstig is.